Studio

Taeya

height 175cm
weight 54
bust 89cm
waist 68cm
hips 93cm
shoe 7 UK
hair Brown
eyes Brown
Bio image of Taeya  in Garden Route for Reflekt Model Management

Biography

Taeya is ’n graad 12 leerder wat hoop om in 2027 teologie aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer. Sy droom om ’n impak in mense se lewens te maak deur Jesus se liefde uit te leef en herinneringe te skep wat ’n leeftyd sal hou.

Sy is lief vir modelwerk en geniet die unieke gevoel om voor die kamera te wees, iets wat sy graag verder wil verken. Vir Taeya is dit belangrik om ander te behandel soos sy self behandel wil word, en sy heg groot waarde aan ’n rein hart en suiwer intensies.

Afrikaans lê haar na aan die hart, nie net die taal nie, maar ook die diepte daarvan, soos poësie en Afrikaanse musiek. Wanneer die lewe moeilik voel, hou sy vas aan haar geloof in Jesus. Haar graad 11 biologie‑onderwyseres is ’n groot inspirasie vir haar, iemand wat met sagtheid en liefde elke leerder as haar eie kind sien.

Sport en aktiwiteite speel ook ’n rol in haar lewe. Sy geniet netbal en tennis, is mal oor swem, en werk graag as lewensredder oor die somervakansie. Taeya het ’n akademiese doelwit wat sy teen die einde van die jaar wil bereik, en sy streef daarna om haar studies met trots af te sluit.